Weegskaal (sterreteken)

Weegskaal (Libra)
Die astrologiese simbool van die Weegskaal

Die Weegskaal (Lat: Libra) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 23 September en 23 Oktober gebore is. Dit is die sewende teken van die Diereriem en die enigste wat deur ’n lewelose voorwerp gesimboliseer word en nie deur ’n mens of dier nie.

Die Weegskaal is een van die drie lugtekens en vier hooftekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Hond van die Sjinese Diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Weegskaal is Venus.

Weegskale kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander lugtekens, Waterdraer en Tweeling.

  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy